Ons is 3,7km anderkant Santo Domingo de la Calzada waar ons afgerip is v twee pizzas en sangria deur ‘n nors omie vir €33. Beide van ons is moeg en op en die volgende dorp is 3,9km weg. Die auberge is bo-in die kerk en jy slaap op dun gym matrassies. Nie een van ons twee sien kans daarvoor nie. Deurstap is ook nie ‘n opsie nie. Die ander plek is Ernesto se huis waar mens deur die kombuis by die 5 beddens uitkom. Dit lyk gehawend maar wat doen ons. Ook geen taxi nie. Ons besluit maar om te bly en Ernesto sê aandete is om een tafel en die kostes is donativo. Dit beteken donasie. Na stort in ‘n bad so klein ek kan nie eers my gedagtes verander nie voel ek beter. Op die bed lê ek en dink wie is ek om te oordeel en hoekom voel ek ek moet elke aand in relatiewe luukse slaap en eet? Ek het myself nou oorgegee en dit sal wees soos dit moet wees. Oopkop is ek dalk in vir ‘n verrassing.

Jou nuutste brokkie nuus het my so diep getref en my met n hoendervleisie en n lekker sagtheid om my hart gelaat. Daar is beslis n beautiful les vir my ook om te leer. Heerlik om jou ontdekkingsreis mee te maak. Groete x
Ernesto se kook kuns was toe rys met vleis, slaaiblare met uie en olyfolie en brood. Niks fantasties nie maar dit stil die honger maag. Ons het vir Luiz en Maria Jesús aan tafel uit Madrid. Hy praat geen Engels en sy omtrent 10 woorde maar die vriendelikheid is ongelooflik. Sy is ‘n verpleegster en is besorg oor my hakke en met my min verstand van Spaans en hulle weinig Engels gee hulle raad. Hulle is Groot stappers en het die Camino al gedoen en doen dit weer. Luiz gaan haal vir my anti friction salf wat hy vir my gee. Vertel ek moet twee keer ‘n dag my sokkies omruil. Hulle wil graag gesels maar dit sukkel. Na ete gee ek vir haar een van die krale armbandjies wat ek saamgebring het en kry ‘n doen en druk. Ons word summier uitgenooi om saam in die kroeg te gaan koffie drink. Dus sulke gebare wat my laat besef daar is meer in ons mensdom as net die konstante geweld op TV. Vroeg oggend toe ons opstaan om te stap was hulle al weg. Hulle het net 4 dae die keer om ‘n kort etappe te stap.