Day 2 & 3

Ons het op die verkeerde stasie in Pamplona afgeklim. Die gevolg was dat ons na die centraal bushalte gery het met ‘n bus & toe ons daar aankom was daar letterlik 5 minute later ‘n bus na St Jean Pied de Port. Blyk dus dat ons daar moes begin. Ons het ons eerste stamp gekry & is ingedeel in ‘n Aubergue net in die straat op. St Jean is ‘n mooi ou dorpie. Ons was ingedeel in ‘n 10 persoon kamer. Mense uit Spanje, Amerika, Skotland & ‘n Deen. Die Duitse outjie vat ‘n gap year en hy het alreeds 700km v Le Pui af gestap.

Ete by Chez Eduardo waar die diens sleg was. Die vrou hou aanmekaar mense wegstuur wat net iets wil drink. Not possible is wat sy in Frans mense toesnou. Eintlik nogals snaaks maar as mens weet jou inkomste hang af v Pelerins dan doen jy nie so iets nie.

Goed geslaap en 07:45 daar weg om te begin. Dis nog donker & koud. Almal praat dat die roete na Roncesvalles moeilik is oor die Pyrenees berge. Min weet ons hoe moeilik. Dis totaal 27km waarvan ongeveer 23,4 opdraende is – aanhoudend. Ek was sterk op die opdraende maar daai laaste paar km’s af het ek gesukkel. My linker kuit was in kramp gewees en by die klooster in Roncesvalles kon ek byna nie loop nie.

Die fasiliteite is uitstekend & na warm stort en pyn cocktail van Marcel en perdesalf begin ek beter voel. Daar is minder as 100 permanente inwoners in die plekkie. Ons het bier gekry op stoep van een vd 2 plekke. Daar aan tafel met Scott uit Amerika, Søren uit Denemarke & Samantha uit Ierland.

Ete was geboek v 19:00 en die 5 van ons eindig aan tafel met Arno uit Kaapstad & Max uit Duitsland. Om 20:00 na die mass gaan kyk vir pelgrims en geen woord verstaan v Spaans of Latyn maar dit was wel interressant.

Weer goeie nagrus en vanoggend weer so voor 08:00 weg en dis donker vanoggend koud. Spiere sukkel om warm te word en ons stap byna hele oggend deur woude. Na 3 km oop supermark v vars baguette & kaas v middagete. Na 6km eet ons by klein restaurant baguette met jamon en koffie.

Dit is ongelooflik om deur die ou woude te stap met eikebome wat al 100’de jare oud is. Sam & Scott haal ons in & so loop ons en gesels deur die oggend. Op ‘n stadium Los ons hulle agter & stap ons verder. Middagete bo op ‘n steil heuwel onder die bome.

Dis na ete wat my bene my begin opkuil. Marcel is soos ‘n perd wat water geruik het en stap vooruit. Dis warm, maar ek het genoeg wat en stap in die skadu. Ek drink gemiddeld so 5l water ‘n dag. Nou is dit verstand op nul en blik op oneindig. Ek dink aan my broer wat al paar keer Cape Epic gedoen het en begin insig kry oor hoe jy jouself moet motiveer om volgende stap te sit net om klaar te maak.

Sam & Scott haal ons in en gaan my verby. Dis Sam se 3de Camino die keer. Kort Ierse meisie maar awesome mens een ons het gekliek.

Uiteindelik kom ons in Zubrisi aan en die ander 3 wag in die skadu vir my. Kry plek teen €10 per persoon per nag. Hier is ‘n wasmasjien so daaroor is ons bly. Na rugsak af is bly ek maar staan want ek’s bang en staan nie op as ek gaan sit nie. Na ‘n stort voel ek beter en smeer seer spiere weer goed in. Power nap gedoen en voel stukke beter. Hier is gratis wifi by die Auberge. Ons sal nou ‘n biertjie & aandete gaan soek.

Môre is dit 20km na Pamplona. Ek sien uit na Pamplona. Al wat ek weet is die Camino is hard.

2 thoughts on “Day 2 & 3”

  1. Bly jy gebruik die perde salf. Hoop dit help so bietjie. As jy se dis hectic kan ek dink dit moet erg hectic wees, want jy so fiks ! Sterkte.

    Jou updates baie interessant, dankie daarvoor!

  2. Ek voel heerlik ontspanne en sonder skete en seer spiere hier waar ek rustig op my balkon sit en die sonsondergang kyk oor Leeukop. Sterkte met julle staptog, en onthou niks wat die moeite werd is, is maklik nie! Sien uit na jou volgende vertelling!

Leave a reply to Anna-Mart Cancel reply