Hola!

Ek vertrek 01 Oktober 2012 Spanje toe om die Camino de Santiago te begin. Ek gaan saam met my goeie vriend Marcel hierdie pelgrimsreis aandurf. Ons praat al meer as ‘n jaar hieroor en dit het al begin toe David nog gelewe het. Beide Van ons pak dit aan vir ons eie persoonlike redes.

Die uiteindelike beplanning het letterlik binne twee weke gebeur. Alles het net skielik in plek geval hiervoor. Dit is asof alles net gelei het tot hierdie punt waar dit die regte tyd is vir my om dit te doen.

Ek is van plan om hierdie blog te gebruik om my ervarings neer te skryf. Ek is geensinds ‘n skrywer nie, so dit sal in my eie skryf styl gebeur.

Although Afrikaans is my mother tongue, I will be mixing my musings in both languages. That way my non Afrikaans speaking friends will be able to follow my blog.

Groeten,
Johann

4 thoughts on “Hola!”

  1. Ek wil vreeslik graag die Camino volgende jaar doen, maar weet nie WAAR om te begin reel nie. Enige hulp sal waardeer word.

    1. Hi Anita,

      Skryf jouself in as lid van die Confraternity of St James of South Africa http://www.csjofsa.za.org. Jy kan by hulle dan ook jou pilgrim paspoort kry wat jy sal nodig sal hê vir jou stempels. Hulle kan jou ook help met die nodige dokumentasie vir jou visa aansoek. Ek kan met jou gesels oor al die ander dinge soos jou toerusting, skoene, klere en ander voorbereidings asook wat jy kan verwag onderweg. Ek sal vir jou ‘n epos stuur.

      Groete,
      Johann

Leave a reply to Anita Cancel reply