Tag Archives: Spain

Afrika

Ek is vandag Langebaan toe gewees. Op pad terug het ek besluit om deur die Weskus Nasionale Park te ry. As mens daar ry en jy sien al die fynbos en die daisies wat nou blom dan kan mens nie help om gelukkig te voel nie. Ek het Wimpie se dak afgehaal en wind in die hare (sure) gery met son op my gesig.

That’s when it hit me that just over a week I will be in Spain starting the journey of a lifetime. Whilst walking on the beach in Kraalbaai I realised walking is what I’m going to do every day for at least a month. For a moment I wondered why I’m doing this? However walking on that beach with no one else around made me realise it’s for the peace and quiet and connecting with Mother Nature but most importantly to connect with myself.

Wat ek wel besef het is dat ek Suid Afrika gaan mis, maar ek dra wel happy memories saam. Dit gaan awesomeness wees soos ‘n vriend altyd sê.

20120922-212227.jpg

Hola!

Ek vertrek 01 Oktober 2012 Spanje toe om die Camino de Santiago te begin. Ek gaan saam met my goeie vriend Marcel hierdie pelgrimsreis aandurf. Ons praat al meer as ‘n jaar hieroor en dit het al begin toe David nog gelewe het. Beide Van ons pak dit aan vir ons eie persoonlike redes.

Die uiteindelike beplanning het letterlik binne twee weke gebeur. Alles het net skielik in plek geval hiervoor. Dit is asof alles net gelei het tot hierdie punt waar dit die regte tyd is vir my om dit te doen.

Ek is van plan om hierdie blog te gebruik om my ervarings neer te skryf. Ek is geensinds ‘n skrywer nie, so dit sal in my eie skryf styl gebeur.

Although Afrikaans is my mother tongue, I will be mixing my musings in both languages. That way my non Afrikaans speaking friends will be able to follow my blog.

Groeten,
Johann