It rained a lot during the night and although overcast when we leave the albergue it’s at least dry. The plan is to head for Logroño and the see after that. Viana Iglesia de Santa María 13th century church with fine recessed doorway in front of which is the tomb of the notorious Cesare Borgia who was killed nearby; initially buried inside the church but his mausoleum was vandalised he was reinterred outside.
Logroño is. University city Nd quite boring when entering the town. I’m surprised that at 10:00 the city still looks asleep. Although shops are opened it seems as if there are no customers. We head to the oficina de tourismo to get a map of the city as Marcel needed a specific shop which we found. An unusual find was the heated park benches outside the oficina de tourismo. We both head into a parfumerie and I walk out smelling like Hugo Boss. It’s great to smell of something else than tigre ball (of in my geval perdesalf). We look for a Café and have our daily cafe con leche.
We decide to head to Navarette 10,6km outside of Logroño. As usual we seem to enter the town when siesta starts. Despite the bad economy the Spanish still feel everything has to close down for at least two hours every afternoon. We buy bread, ham, yamon and sausage for the little grocer across the albergue. The albergue only opens at 13:30 so we head for the church square where we picnic under the plane trees and lie with our feet up. By now my right foot is protesting a lot and when I remove my shoe it looks like a puffer fish.
Despite this I wander into the 16th century church of the Assumption and am again struck by the wealth of the Catholic Church. The front nave of the church is completely covered in gold. It is just too ostentatious for words. After we get our beds for €7 and washing into the machine for €3 it’s shower time and the. We head to tapas bar Deportivo right next to the albergue where we have our first La Rioja chilled red wine and tapas. We end up having the best supper to date in this bar and Antonia the owner makes me promise to send a post card from Cape Town. I’m in bed by 21:00 and immediate fall asleep. Well after another bottle of Vino Tinto and a grappa (insistence by Antonia) no wonder I fall asleep immediately.
It rained again during the night but its dry when we head out. The swelling in my foot has gone down but my ankle is stiff. The first couple of km’s are slow until I warm up. Glad I have my wool from NZ long sleeve shirt. This morning the track leads through vineyards and the infamous red Rioja mud. It clings to my shoes and feels as if your shoes have an extra set of soles. It makes walking treacherous and I’m thankful I have my walking sticks for balance. Later we hear someone slipped and fell and was covered in mud.
As we walk through the vineyard we each pick a bunch of grapes and although small grapes they are very sweet and just what we needed for a little boost. We stop in Nájera for coffee next to the river before heading off again.
Next stop would be Azorfa 5,8km from Nájera. It’s quiet a country road through pine trees. In Azorfa we head for the purpose built albergue which has two beds per cubicle for €7 p/p. It’s great to have our own space and a warm shower after the day walking is one of the best things to do. Rudolf would feel right at home as they’ve used the same wood for cupboards as he used in both his houses. The hospitalero speaks no English but has agreat sense of humor and decided Marcel, Sam and I are worth talking to. By now it seems my ear is getting used to Spanish and although its difficult to speak I seem to get the jist of what some people are saying.
Middag slapies raak ook nou vir my ‘n plesier na ‘n warm stort. My kop raak nou rustiger so ek doen ‘n lekker power nap. Na dit stap ons om die hoek in dorp toe vir wifi by die bar en saam Sam besluit ons om kos te koop en aandete te kook in die albergue. Vir €5 p/p inklusief ‘n bottel lokale vino Tinto is ons goedkoper uit as ‘n daaglikse Menu del Peregrino. Ek’s ook nou al gatvol vir varktjops en chips as hoofgereg. Ons maak ‘n eenvoudige tomatie slaai met uie en olywe en olyf olie en steak en gebakte aartappel. Ons kry goeie kommentaar van ons mede pelgrims op ons kos. Na ete stap ons terug bar toe vir gratis wifi want my op word 80 en ek wou gou Skype om geluk te sê. Dis koud buite en ek is weereens bly ek het besluit om nie my dons baadjie terug te stuur Barcelona toe nie.
Die son kom nou eers teen 08:30 op so teen daai stap ons gewoonlik al ‘n uur. 7,5km verder is ons by Cirueña met sy golfbaan en maze van leë nuwe woonstel geboue en nieuwbouw huise. Dis ‘n regte spookdorp. Vir my voel dit of die 6km verby snel na Santo Domingo de la Calzada.
Die dorp kry sy inspirasie van Saint Dominic of the Road wat meeste van sy lewe gegee het om die paaie en brûe te bou vir pelgrims in die 11de eeu. Die katedraal is ook bekend vir die haan en hen in hulle eie hok binne die katedraal. Google maar vir die storie agter dit. Ilze het my lank terug hiervan vertel en as ek reg onthou was die haan en hen nie in die hok toe hulle daar was nie. So ek het gaan kyk en die haan en hen gesien.
Ons wou onsself treat in die Parador hotel wat in die pelgrims hospitaal is wat dateer uit die 11de eeu maar aangesien Vrydag Spaanse Nasionale dag was is dit lang naweek en volgeboek. Ons eindig saam “ons” groep pelgrims op ‘n pleintjie op waar Marcel en ek pizza wou bestel. Die nors ou man moes vir ons ‘n aanduiding gewees het om te loop want pizzas kon eers oor ‘n Uur bestel word en toe ons twyfel oor wat ons wil drink gooi hy ‘n tantrum. €33 later was dit ‘n bleddie duur pizza. Marcel voel ‘n stuk beter en besluit dat ons moet aanstap na Grañón village. Hy stap aan en ek maak draai by katedraal en sal mekaar kry in die volgende dorp.
Dit was ‘n fout; ek was op toe ek daar aankom en die pizza en sangria het nie bygedra nie. Arme Marcel kon byna nie op sy voete staan nie. Ons beide het gemis om te lees dat die albergue deel van die kerk annex is en net gym matrassies het. My lyf het net geweier maar hoe nou? Daar is nie ‘n ander albergue volgens die boek nie. Stap maar straat op waar ons afkom op Ernesto se huis wat nou ‘n privado albergue is. Lees aparte blog oor die ervaring.
Net na 08:00 daar weg sonder koffie of ontbyt en geen sig van Ernesto. Die wind begin opsteek en ons trek nog warmer aan. Die wind raak net sterker en kouer. Dorp na dorp wat ons deurstap op hierdie Sondag oggend is soos ‘n spook dorp. Daar is niks oop nie en geen mens in sig nie. Die wolke steek op en dit lyk na reën. My regtervoet gee my weer opdraende en ek loop swaar vandag. In Viloria de Rioja is ek gatvol en my moed bietjie gebreek. Ek’s koud en honger en ons sit in die verlate plekke voor ‘n stal uit die wind. Daar ontdek ek slab sjokolade in my backpack wat ontbyt word. Marcel sê ons stap grootpad toe en hike wat nie een van ons twee al gedoen het nie.
Ek’s ook gatvol vir op die teerpad loop, dit maak my voet nog seerder. Ek verkies die grond paaie om op te stap. Ons gaan voort kop teen die yskoue wind en reënsakke oo die rugsakke. Vilamayor del Rio is geen mayor werd nie en net nog ‘n geslote dorp sonder koffie. Voor dit sien ek ek teken wat sê Belorado is 6km weg en al wat ek dink is warm stort. Nou is dit weer verstand op nul en blik op oneindig en stap vir stap.
Ek’s verbaas as ek sien ons stap Belorado binne entrots op myself dat ek deurgedruk het ondanks die pyn. Die eerste albergue in die dorp het al wat ‘n landsvlag wat wapper maar geen pelgrims te sien nie. Ons stap tot in die centrum van die dorp waar daar op die plaza Mayor die eindpunt is van een of ander moutainbike resies. Die enigste oop Café op die hele plein is daar en ek is dank war vir Café con leche en ‘n broodjie ham na 16km op ‘n nugter maag.
Marcel doen herkenning om die dorp en ons besluit hotel Jacobeo is waar ons vanaand ons voete in die lug sit. Na ‘n louwarm stort is ons terug dorp toe vir ‘n bier en tapas. Ons sit en spekuleer waar “ons” groep is toe Marcel vir Cindy en Paige aan die oorkant van die plein gewaar. Dis soos om ou vriende te sien en ons deel stap stories. Dit het voor dit so liggies begin reën maar die hele groep het besluit om aan te stap Tosantos toe wat amper 5km buite die dorp is. Ons was net terug in die hotel toe slaan hier ‘n storm toe met bliksem en reën en hael. Meer as ‘n Uur later kry ek ‘n SMS van Cindy om te sê hulle het dit veilig gemaak na ‘n “near death experience” met die weer. Dis daar waar ek agterkom ek het my skoene op die balkon gelos en hulle is sopnat. Dis ‘n moerse bummer en hulle is nou in die stort en hopelik droog genoeg môre om aan te trek.
Na weer ‘n Menu del Peregrino en heerlike bottel Rioja Tinto is ek nou in die bed en gereed vir ‘n goeie nagrus.Hopelik is my voet weer beter môre vir nog ‘n dag se stap. Dis my “tools of the trade” en ek moet goed kyk na hulle. Ons het nou al 238km onder die voete.

