Castrojeriz to Frómista

Alhoewel vandag net 20km was, was dit ‘n moeilike dag vir my. Marcel het vanoggend gegroet en sy Camino beëindig net om sy Camino terug SA toe aan te pak. Ek stap die Camino de Santiago verder alleen. Ek was baie hartseer toe hy in die reën wegstap bushalte toe en het meer as een traan gehuil. Dankie Ella!

Daarna my rugsak gepak en by die naastenby oop bar my cafe con leche gaan soek voor ek die reën en Camino aandurf. Net toe stap Kathleen en Jim in wat in Michigan bly. Ons het hulle die eerste keer in Los Arcos gesien. Hulle sê ek moet saam me hulle stap en Kathleen gee vir my haar extra dik poncho. Myne van Cape Union Mart sou dit nie vandag oorleef het nie.

Vir die eerste 10km van die dag stap ons in die wit klei grond wat snot glad is en aan jou skoene vasklou. Dit reën onophoudelik. Ons het seker een Uur vandag gehad wat dit droog was. Soos ek die skryf reën dit nog steeds en is dit die voorspelling vir die volgende paar dae. Dankie dat ek Corne se reën broek oorgeneem het by Marcel en dankie vir die poncho. My baadjie was naderhand so nat dat ek hom maar in ‘n sak in my rugsak gedruk het. Thank goodness for central heating want alles is darem nou weer droog.

Die proses sal hom môre weer herhaal. Foto is van die Iglesia de San Martín wat dateer uit 1066 and finest example of pure Romanesque in Spain.

20121018-225550.jpg

Leave a comment