Hier zijn wij dan

Wij zijn veilig aangekomen op Amsterdam Schiphol. Die vlug was nie vol nie en ons het altwee goed geslaap. Die vrou wat my aan boord bedien het was so vriendelik en het belanggestel in wat ons gaan doen. Die was diens met ‘n glimlag en maak so ‘n vlug altyd beter.

Helaas is die Chocolate Block Bottel wyn wat ek vir Marc gekoop het op OR Tambo afgeneem deur die Koninklijke Marechausee, so oor my head blade skeerroom. Ek het nooit daaraan gedink dat dit ingecheck saam met rugsak moes gewees het om veilig in Spanje aan te kom nie. Die wyn mag nie vanaf ZA met ‘n aansluit vlug die EU in nie. Die ander goed kan ek vervang, dis wel jammer oor die wyn vir Marc.

Dis vreemd om weer in Nederland te wees. Dit was byna 10 jaar van my lewe gewees en dit voel ‘n leeftyd gelede. Dis vreemd om soveel Nederlands om my te hoor en tog voel dit thuis. Ek is wel bietjie geroes om te praat, maar dit kom vanself weer reg. Ons sit nou in die Diners Club besigheidsklas lounge en wag vir ons vlug om 14:00 na Barcelona.

I cannot wait to meet Marc in Barcelona and experience something of Barcelona through the eyes of a local. Now that we’re in Europe the Camino has a different reality to me. We’re on the same continent. Now I’m very excited.

One thought on “Hier zijn wij dan”

Leave a comment