Nog 2 werksdae en totaal 5 dae voor ons op die vliegtuig klim Barcelona toe. My “to do” lysie tik ek stelselmatig af maar nes ek dink ek het aan alles gedink, dink ek weer aan iets wat op die lysie gesit moet word. Wel teen Maandagoggend is hy of klaar of wat daar op is, is glad nie meer belangrik nie.
Dit reën op die oomblik in Kaapstad en dan kan ek nie help om te wonder hoe die weer op die Camino gaan wees nie. Daar kan ek niks aan verander nie, so “what will be, will be”.
Ek het vanaand die klere en dinge wat saamgedra moet word op die bank uitgepak. As dit op so hopie lê dan lyk dit min genoeg, maar pak dit nou in daai rugsak en skielik is hy vol. Die een advies wat almal vertel en wat mens orals lees is dat jou rugsak nie meer as 10% van jou liggaamsgewig moet wees nie. So klim ek toe maar met gepakte rugsak en al op die skaal en wonder bo wonder is ek net onder die 10%. Selfvoldaan loop ek bietjie rond in die huis met rugsak op en skielik besef ek my fleece en reënbaadjie is nou net gewas en moet ook nog ingepak word. En my bladder vir water is ook leeg. So daar gaan die mooi pak en net onder die 10% bly.
In the “A pilgrims guide to the Camino de Santiago” by John Brierley writes
You will bring too much; everyone does. Be prepared to give away, leave behind or post back items you don’t need and notice which option you choose, why and at what stage of the journey.
I thought I’ve been smart in my selection of essentials that will be going with, so I will let you know what I don’t need and what I do with it at what stage of the journey.
Ek weet wel dat my rugsak minder weeg as wat hy geweeg het tydens die Otter trail. Die verskil is die Otter trail is 5 dae en die Camino is minimum 35 dae. Die gewig van die rugsak is dalk ook ‘n metafoor vir die emosionele baggasie wat mens saamdra. Ek is glo sterk dat ek daarvan ook op verskillende plekke op die Camino van ontslae gaan raak.
